Read Anywhere and on Any Device!

Subscribe to Read | $0.00

Join today and start reading your favorite books for Free!

Read Anywhere and on Any Device!

  • Download on iOS
  • Download on Android
  • Download on iOS

Die honderd jaar van MER

Die honderd jaar van MER

J.C. Steyn
0/5 ( ratings)
Maria Elizabeth Rothmann word as een die grootste Afrikaners van die 20ste eeu beskou, een van die uitnemendste Afrikaanse prosaïste, pleitbesorgers vir armes en eensames, fel stryder vir vrouebemagtiging, diep denker wat die hoogste prys gestel het op menseverhoudings, “wat jy daarvan maak, en wat van jou daardeur gemaak word” – ’n Afrikaanse formulering van die oer-oue Afrika-beginsel: ’n mens is ’n mens deur mense.

As skrywer bekend onder haar voorletters, MER, was sy inderdaad ’n merkwaardige vrou wat in haar lewe ’n hele paar belangrike rolle in ’n unieke eenheid saamgeweef het.

Sy was ’n groot skrywer, baanbrekerjoernalis, welsynpionier en voorvegter vir vroue se regte. Hier word haar lewensverhaal in sy ryke verskeidenheid vir die eerste keer vertel, en dit word vertel deur iemand met die regte fyn aanvoeling vir die besondere hoedanighede van hierdie edelvrou van die gees wat haar lewe aan haar mense gewy het.

In hierdie boek is MER self dikwels aan die woord in haar klassiek-sobere styl, deur middel van gepaste aanhalings uit haar ongepubliseerde en gepubliseerde geskrifte soos private briewe, artikels in koerante en tydskrifte, welsynverslae en boeke. Deur die oplettende oë en sensitiewe aanvoeling van MER, wat honderd jaar oud geword en belangrike figure van die negentiende en twintigste eeu van naby geken het, belewe die leser die dramatiese tye in Suid-Afrika se geskiedenis.
Language
Afrikaans
Pages
624
Format
Hardcover
Release
March 30, 2004
ISBN 13
9780624042198

Rate this book!

Write a review?

loader