Kerklos of kerkvas? Of dalk kerkloos? Die onderskeid is nie meer so duidelik nie. 'n Groeiende groep mense gaan nie meer gereeld kerk toe nie, maar bly steeds Christene. Vir sommige mense is kerklosheid en Christenskap egter twee onversoenbare werklikhede. Hoe kan jy Christen wees, maar los van die kerk? En tog verloor gemeentes dikwels lidmate - nie noodwendig na ander gemeentes of kerke toe nie, maar na die sogenaamde "buitekerklike" geloofsgroepe. Sommige sal eerlik erken dat dié stroom uit die kerk nie meer omgekeer kan word nie. Of kan dit?
In "Ja, vir Jesus, nee vir die kerk", bied 'n aantal skrywers prikkelende perspektiewe op die probleem van kerklosheid en kerkloosheid. Hierdie probleem word uit verskillende hoeke belig deur skrywers uit verskillende denominasies en kerkgenootskappe. Dit bly egter nie net by probleme nie.
Die skrywers bied verskillende, interessante en prikkelende oplossings aan. Sommige vertel hoe hulle die stroom uit die kerk wel omgekeer het; ander beklemtoon die gesindheid in die eredienste as moontlike oplossing; 'n derde skrywer stel voor dat predikante heeltemal anders opgelei moet word! 'n Ander skrywer pleit weer dat die kerk 'n slag eerlik moet luister na die vrae van mense buite die kerk en dit eerlik moet bespreek - sonder vrees dat die kerk of gemeente in duie sal stort. Sommige vrae word reeds eeue lank gevra, maar in baie gevalle bly die kerk nog 'n antwoord skuldig.
Hierdie boek is geskryf vir die "gewone" lidmaat, vir die persoon wat sien mense verdwyn en wat dikwels in die stilligheid wonder wat hy of sy kan doen. Die boek sal nie noodwendig vir jou al die oplossings gee nie, maar dit sal jou prikkel om dieper en ernstiger te dink en daarna aan 'n oplossing of twee te begin werk. Dis 'n boek vol uitdagings - dit daag jóú uit om te besin oor oplossings vir 'n groeiende probleem, 'n probleem wat nie sal verdwyn as ons dit ignoreer nie.
Die kerk kan nie bekostig om 'n eksklusiewe klub te word nie. Elke lidmaat moet help om dit lewendige geloofsgemeenskap te maak en te hou. Dit moet 'n ruimte wees waarbinne geloof beleef kan word. Eers dan word "Ja vir Jesus" ook "Ja vir die kerk"!
Language
Afrikaans
Pages
208
Format
Paperback
Publisher
LAPA Uitgewers
Release
May 12, 2022
ISBN
0799329207
ISBN 13
0799329207
Ja vir Jesus, nee vir die kerk: gesprekke oor kerklo(o)sheid