Met hierdie 40-dae-program kyk die skrywers vanuit gedeeltes in Matteus se Evangelie na die doop. Dan staan hulle ʼn week lank stil by elk van die vyf gawes wat ons by die doop ontvang.
• Deur die doop word ons met Jesus verenig.
• Deur die doop ontvang ons vergifnis van sonde en ’n nuwe manier van leef.
• Deur die doop ontvang ons die Heilige Gees.
• Deur die doop word ons verbind met die liggaam van Jesus – dit is die kerk.
• Deur die doop word ons geroep tot diens in die koninkryk.
Christus self het die doop aan ons gegee as ’n sakrament waarin Hy teenwoordig is en na ons toe kom met al die gawes wat Hy deur sy lewe en dood vir ons verwerf het. Ons hoef niks te doen om hierdie gawes te verdien nie. Ons kan dit maar net ontvang, en geloof is die leë hande waarmee ons die gawes vir ons toe-eien.
Dié studiegids is ontwikkel om gebruik te word saam met die uitgebreide boek Ontvang wat vir jou gegee is .